Jou Eerste Roer? Kompetisie of Boer?

Jou Eerste Roer? Kompetisie of Boer?

Ons klets oor kaliber-keuse vir jou eerste geweer, asook die lisensie-proses in Suid Afrika.

Ruan Schoeman (‪@aimsmallmisssmall264) deel sy storie oor sy eerste geweer as jongeling en hoe sy fondasie gelê was en wat hy al geleer het van toe af.

Dit is vir ons lekker om te sien hoe elke skut anders is en dat jy ‘n paar goed in ag moet neem voor jy koop:

  • Teiken-skiet
  • Bosveld Jag
  • Vlakte Jag
  • ‘n Kombinasie van al 3
  • Waar bly jy?
  • Waarvan hou jy?
  • Dik/Dun Loop?

Ruan se wenk vir jou eerste geweer as ‘n nuwe skut: .308

Adriaan se wenk vir jou eerste kaliber: 6.5 x 55

  • Maklik om te laai
  • Patrone is beskikbaar
  • Die kaliber is ‘versatile’ vir enige tiepe jag


Wat het jy nodig en wat moet jy doen om ‘n geweerlisensie aan te skaf:

  • Doen jou bevoegdheidtoets en kry jou sertifikaat (Dis lekker om te leer)
  • Koop jou eerste geweer en vul al jou vorms in
  • Kry iemand om vir jou ‘n motivering te skryf (as jy nie iemand het nie, kontak ons vir hulp).
  • Kry al jou dokumentasie reg om jou lisensie aan te skaf by die polisiestasie. Lees meer op: https://www.saps.gov.za/services/flash/firearms/faq_applying.php
  • Belangrik: WEES VRIENDELIK!
  • 6 weke – 8 maande later: Gaan haal jou tydelike lisensie of lisensiekaartjie
  • Gaan haal jou geweer by jou handelaar.
  • Kit jouself uit met ‘n AKRA scope op www.akraoptics.com
  • En daarsy… LEKKER JAG!!


Het jy vrae? Het jy ‘n opinie? SUBSCRIBE, LIKE, SHARE en KLETS saam ons!

Kontak ons gerus: info@akraoptics.com

 

Back to blog