Wille Gevaarsone
Share
Ons klets weer met die Vrystaatse klong, Abrie Nel, en dip ons tone in wat dit vat om gevaarlike wild te jag.
Abrie deel sy ervaring met buffeljag en hoe dit een van die lekkerste jagte is. Buffeljag is nie vir die biltong nie – dis immers net vir die trofee en vir die “adrenaline rush”. Mens moet nooit te mak raak as hierdie “monsters” gejag word nie.
Onthou om te SUBSCRIBE op ons kanaal om noot weer ons klets sessies te mis nie.
Het Jy Geweet:
Die woord "groot vyf" is die eerste keer gebruik om te praat oor die vyf diere wat die moeilikste was om op voet te jag. Die leeu, luiperd, renoster, olifant en buffel was die vyf grootste Afrika-soogdierspesies wat aan jagters as gevaarlik bekend was en om hulle effektief te jag was (en word nogsteeds) as 'n sukses beskou.
Ons by AKRA, as jagters en Suid Afrikaners, het respek vir die natuur en glo in etiese jag. Abrie klets oor hoe sy vertroue in sy jagtoeristing, sy ervaring en sy etieket hom ‘n beter skut maak in die veld.
Kaliberkeuse vir Buffeljag:
Die minimum vereiste in Afrika om grootwild te jag, is 'n .375-kaliber, soos deur die wet voorgeskryf. Jy kan groter gaan, maar dit word aanbebeveel dat jy 'n geweer kies wat jy met vertroue kan hanteer en waarmee jy gemaklik voel. Abrie skiet met ‘n Redmi 416 slot-aksie, maar hy verkies ‘n dubbelloop .470 vir groot-wild-jag. ‘n Dubbelloop kaliber is jou beste maat wanneer ‘n buffel storm. Jy kry 2 skote binne sekondes, waar met ‘n slot-aksie moet jy weer herlaai en dit kan tyd mors.
Met dit gesê, is dit ‘n aanpassing om met ‘n dubbel te skiet. Die tiepe kalibers is baie sensitief en so gebou dat dinge moet glad loop wanneer jy hom gebruik. ‘n Paar ouens het al verby ‘n blaartjie geskaaf en amper reg deur die aarde geskiet. MAAR weereens… jy het 2 skote wat binne sekondes geskiet kan word en dit mag dalk net jou redder wees wanneer ‘n groot, kwaai rakker te naby kom.
Abrie se span was al in ‘n taai situasie. Hier is die video: https://www.youtube.com/watch?v=jN7yJSLElFA
Ammunisiekeuse vir Buffeljag:
Sagtepunt: Hierdie patrone dring diep deur sonder om vinnig te verbrokkel. Perfek vir daai eerste skoot!
Soliede: Hulle verbrokkel nie en is uitstekend vir gevaarlike wild soos buffels. Hierdie ouens penetreer diep en bly lekker swaar.
Trophy Bonded: Kwaliteitskeuses soos Bear Claw, Swift A Frame, en Woodleigh Weldcore sal jou nie teleurstel nie.
Nou, watter een moet jy kies? Wel, die manne kan vir dae lank hieroor argumenteer en elke ou het maar sy eie opinie. Die belangrikste is om ten minste 15 rondtes saam jou te dra; begin met ‘n sagtepunt en ruil dan met solied vir jou opvolgskote.
Wie Spoor Saam:
Jou span moet bestaan uit mense (of diere) wat ervaring het. ‘n Professionele jagter, ‘n rugsteunjagter en die klient. Moenie te veel ouens saam vat nie. Jy wil nie jou pel in die gesig slaan as jy jou geweer optel nie. Sou jy wou, kan jy ook ‘n spoorhond saam vat op die ekspedisie. Dit is nie vir almal nie, maar met Abrie hulle se ervaring het die hond ‘n groot rol gespeel in lewe en dood.
Om buffels te jag is enige adrenalien junkey se droom. Jy staan voor ‘n dier wat tenminste 700kg weeg (dis meer as jou plaasbakkie) en as hy op jou afstorm teen 55km per uur, gaan jy óf opgewonde raak óf besef jy kan vinniger hardloop as wat jy ooit gedink het! Die belangrikste is om jou toerusting te vertrou, en net so belangrik – om die mense langs jou te vertrou. Want kom ons wees eerlik, party van hierdie buffels hardloop nog steeds nadat jy hulle SEWE keer geskiet het! Sodra jy daai “death ballow” hoor, kan jy maar redelik veilig aanneem die buffel het sy laaste asem uitgeblaas. Maar as hy net knor... wel, begin hardloop, want hy kom reguit vir jou, sonder twyfel met wraak op sy gedagtes!
Moenie tonnelvisie kry nie. Jy kan nie net op een ding fokus nie. Jy en jou span moet langs mekaar stap, nie agtermekaar soos op ’n Sondagwandeltjie nie – dit maak dit baie makliker vir iemand om sy geweer op te tel en daai rugsteunskoot te skiet wanneer dinge skeef loop. En glo ons, die buffel wat jy jag, is oud en wys – hy het heel moontlik ’n paar streke wat jou sal verras. Hy gaan nie maklik omval nie, so hou jou oë oop en bly wakker!
Ja, buffeljag is gevaarlik, maar dis intiem, dis mooi en dit is verseker iets om oor huistoe te skryf. Maar weet net een ding: As daai buffel naby kom en jou aan kyk asof jy hom geld skuld, moet jy seker wees jy ken jou storie.
Scrumpet, vol modder of lekker wyd. Was jy al op ‘n buffeljag? Deel met ons jou storie, en klets saam oor Wille Gevaarsones.
LIKE, SHARE, COMMENT & SUBSCRIBE!! Dis lekker hier by Die Bosklets!