Bosklets Ep 10 - Van Niks Tot Rookie

Bosklets Ep 10 - Van Niks Tot Rookie

As jy al ooit gewonder het of jy die lyne kan kruis tussen jag en kompetisieskiet – dan is hierdie episode vir jou, Skietgat!

Ons gesels met Chris Davies – 'n rookie, 'n wenner en dalk die mees humble champion wat jy gaan kry. Chris het pas die URC se rookie-afdeling gewen, en hy verklap hoe 'n liefde vir jag, die regte gear en ’n bietjie guts jou reguit in kompetisieskiet kan in katrol.

Hy deel sy "pre-match routine", hoe hy sy kop regkry, en hoekom ’n skurf sokkie of los skroef jou hele dag kan off-rattle. Spoiler alert: dis die klein goed wat jou vang...

Volgens Chris is die golden rule: daag net op! Jy’t nie ’n fancy setup nodig om te begin nie – net ’n kampioen-hart en ’n bietjie durf.

Adriaan sê sy gunsteling deel van kompetisieskiet? Die mense. As jy iets vergeet of ’n krieses het – daai manne sal vir jou batterye bring en jou help soos ’n boetie met ’n toolkit.

En dan, vir die AKRA fans – ons delf ook in die binnegoed van die ORYX 6-36x56 FFP MRAD se kruishaar, en hoekom daai ontwerp nie sommer uit die lug uit geval het nie.

Luister. Kyk. Klets saam in die comments.

👉👉👉 https://youtu.be/nLYS7SJ7Bic

Het jy ’n onderwerp wat jy wil hê ons moet aanvat? Skiet dit ons kant toe – ons is game!

Back to blog