
Bosklets Ep 9 - In Die Kol! Skootplasing.
Share
In die nuutste episode van Die Bosklets Podcast gesels ons oor die een ding wat jou jag suksesvol (of rampspoedig) kan maak – skootplasing. 🎯
🔥 Bosveld-jag scenario:
Dis jou eerste bok. Dalk ‘n rooibok, blouwildebees of ‘n vlakvark.
Jy het Eerste Roer gekyk – jy weet hoe om jou wapen te hanteer.
Jy het jou .308, ‘n paar soliede jagpunte en ‘n lekker boks ammunisie.
Bo-op jou geweer sit die splinternuwe GENESIS X scope – jy is reg om te gaan!
En toe... uit die bosse stap ‘n pragtige rooibok, reg voor jou... maar waar sit jy die skoot?
➡️ Agter die blad?
➡️ Op die blad?
➡️ Op die knoppe?
➡️ Of ‘n kopskoot?
Adriaan & Ruan vat jou deur die stappe van skootplasing, wat jy moet oorweeg, en hoe om jou trofee (of sakkie biltong) reg te verseker. 🦌🥩
Ons gesels ook oor hoe scenario's in die veld verander, hoe om te reageer onder druk, en hoekom geduld ‘n jagter se beste vriend is.
Vra iets? Gooi jou vraag in die comments! Ons klets lekker saam!
📌 Kyk nou!
Aim Small Miss Small op Youtube: / @aimsmallmisssmall264