.308, 6.5 of Iets Heeltemal Anders?
Share
Jou Eerste Roer: Sou Jy Vandag Dieselfde Kaliber Kies?
Die wêreld van jaggewere en jagkalibers verander vinniger as wat ’n mens soms besef.
In BOSKLETS Episode 18 gaan ons terug na een van die gesprekke waarmee ons heel aan die begin geworstel het: As jy vandag jou eerste jaggeweer moes kies, watter kaliber sou jy kies?
En belangriker: sou dit nog dieselfde kaliber wees wat jy twee jaar gelede sou gekies het?
Jagkalibers verander vinnig
Sedert BOSKLETS begin het, het verskeie nuwe en toenemend gewilde kalibers op die internasionale mark verskyn. Name soos die .22 ARC, .22 Creedmoor, .22 Dasher en .25 Creedmoor is nou deel van gesprekke wat ’n paar jaar gelede heel anders sou geklink het.
Met nuwe ammunisie, koeëlontwerpe, gewere en toepassings wat voortdurend ontwikkel, raak die vraag oor die beste kaliber vir jou eerste jaggeweer ook al hoe interessanter.
Daar is nie noodwendig een antwoord wat vir elke jagter werk nie. Jou keuse hang af van waar jy jag, wat jy jag, hoe gemaklik jy met die geweer is en wat jy uiteindelik met die geweer wil doen.
Moet jou eerste geweer ’n .308 Winchester wees?
Vir baie Suid-Afrikaanse jagters is die .308 Winchester al vir jare een van die bekende keuses vir ’n eerste jaggeweer.
Ruan (@aimsmallmisssmall) het oorspronklik self die .308 Winchester gekies, maar sê in hierdie episode dat hy vandag waarskynlik sy besluit sou heroorweeg. As hy nou ’n geweer vir Bosveld- of Karoojag moes kies, sou kalibers soos die 6.5 Creedmoor of .25 Creedmoor vir hom sterk oorweging kry. En nee, voordat iemand vra: hy is steeds nie haastig om .270 Winchester te koop nie. 😂
Die 6.5 Swede bly ’n gunsteling
Adriaan se gunsteling kaliber bly die 6.5 Swede. Dit wys sommer mooi hoekom kaliberkeuses so ’n lekker onderwerp rondom ’n kampvuur is. Party keuses word deur nuwe tegnologie beïnvloed, ander deur jare se persoonlike ervaring en soms hou ’n mens eenvoudig van wat jy hou. Daar is nie ’n spreadsheet wat daardie een gaan uitsorteer nie.
Jou eerste jaggeweer is net die begin
Wanneer jy jou eerste geweer vir jag kies, is dit maklik om te voel jy moet dadelik die perfekte kaliber vir elke moontlike scenario kry. Maar jou eerste geweer behoort eerder die begin van ’n lekker journey te wees.
Dit moet gemaklik wees om mee te skiet, by jou tipe jag pas en iets wees waarmee jy vertroue kan bou. Want die kans dat jou eerste geweer ook jou laaste geweer gaan wees?
Kom nou. Vir baie jagters begin die pret juis wanneer jy meer leer, ander kalibers probeer, nuwe toepassings ontdek en uiteindelik begin dink aan daardie volgende geweerprojek.
Watter kaliber sou jy vandag kies?
Dis die vraag waarmee ons Episode 18 afsluit:
As jy vandag by Dave Sheer, Irene Arms of jou plaaslike geweerwinkel instap en jou heel eerste jaggeweer moet kies, watter kaliber kies jy?
Gaan jy vir die bekende .308 Winchester?
Kyk jy eerder na ’n 6.5 Creedmoor, .25 Creedmoor of 6.5 Swede?
Of is daar ’n heel ander kaliber wat volgens jou die ideale eerste jaggeweer behoort te wees?
Kyk BOSKLETS Episode 18: .308, 6.5 of 2.5. Twee jaar later... Kies ons nog dieselfde? en join die gesprek.
Laat weet ons in die comments wat jou eerste kaliberkeuse vandag sou wees. Dalk stem ons saam. Dalk glad nie. En dis presies waar die lekker klets begin.

Your First Rifle: Would You Choose the Same Calibre Today?
The world of hunting rifles and hunting calibres is changing faster than most people realise.
In BOSKLETS Episode 18, we go back to one of the questions we explored right at the beginning:
If you had to choose your first hunting rifle today, which calibre would you pick More importantly, would it still be the same calibre you would have chosen two years ago?
Hunting calibres are changing fast
Since BOSKLETS started, several new and increasingly popular calibres have entered the international market and shooting conversation. Names like the .22 ARC, .22 Creedmoor, .22 Dasher and .25 Creedmoor are now part of discussions that looked very different only a few years ago.
With new ammunition, bullet designs, rifles and applications continually being developed, the question of the best calibre for a first hunting rifle is becoming more interesting too.
There is no single answer that works for every hunter. Your choice depends on where you hunt, what you hunt, how comfortable you are with the rifle and what you ultimately want to use it for.
Should your first hunting rifle be a .308 Winchester?
For many South African hunters, the .308 Winchester has long been one of the familiar choices for a first hunting rifle.
Ruan (@aimsmallmisssmall) originally chose the .308 Winchester himself, but in this episode he says he would probably reconsider that decision today.
If he were choosing a rifle now for Bushveld or Karoo hunting, calibres such as the 6.5 Creedmoor or .25 Creedmoor would receive serious consideration.
And no, before anyone asks, he still isn’t rushing out to buy a .270 Winchester. 😂
The 6.5 Swede remains a favourite
Adriaan’s favourite calibre is still the 6.5 Swede.
And that sums up why calibre debates make such good campfire conversations. Some choices are influenced by new technology. Others come from years of personal experience. And sometimes, you simply like what you like. No spreadsheet is going to settle that one.
Your first hunting rifle is only the beginning
When choosing your first rifle for hunting, it is easy to feel as though you need to find the perfect calibre for every possible situation.
But your first rifle should really be the beginning of an enjoyable journey. It should be comfortable to shoot, suit the type of hunting you do and give you something you can build confidence with. Because the chances of your first rifle also being your last?
Come now.
For many hunters, the fun really starts as you learn more, try different calibres, discover new applications and eventually start thinking about the next rifle build.
Which calibre would you choose today?
That is the question at the heart of Episode 18:
If you walked into Dave Sheer, Irene Arms or your local gun shop today and had to choose your very first hunting rifle, which calibre would you choose?
Would you stick with the familiar .308 Winchester?
Would you look at something like the 6.5 Creedmoor, .25 Creedmoor or 6.5 Swede?
Or is there another calibre you believe deserves a place at the top of the first-rifle conversation?
Watch BOSKLETS Episode 18 and join the conversation.
Tell us in the comments what your first calibre choice would be today. Maybe we’ll agree. Maybe we absolutely won’t. And that’s where the good conversations usually begin.